Saturday 24 October 2015

Gasvryheid

Vandag gaan ons kyk na die eerste stap van diensevagelisasie ná integriteit. Dit begin by een van die mees misverstane konsepte waarvan ek van weet: Gasvryheid.
Wanneer ons dink aan gasvryheid, dink aan onthaal, mense wat by ons kuier en oorslaap, mense voer en versorg. Dit is heeltemal waar, wat verskil is dat ons as mense uiters onbeskof geword het soos die tyd aangaan.
In die Bybel se tyd het mense 'n goeie begrip gehad van die wedersydese verantwoordelikhede wat saam met gasvryheid gaan. In die eerste plek die gasheer of gasvrou se pligte, wat meeste van ons nog baie goed verstaan. Die tweede deel het meeste van ons wel afgeskryf. Die pligte van die gas. Ons het begin glo dat ons net kan terugsit en ontvang, dat ons onsself kan gedra nes ons wil en die gasheer/-vrou moet net daarmee leef. Tog is die teenoorgestelde waar. Wanneer 'n mens by iemand kuier, vra 'n mens eers toestemming om iets te doen, kla nie oor die banke of die dekor nie (maak nie saak hoe vreemd dit is nie), 'n gas val in by die huis se reëls of gaan huistoe. Dit is soos wanneer 'n mens by 'n restuarant is, dan gaan mens nie sommer by die kombuis in en grawe rond in die yskas of proe aan alles nie (wel nie indien jy ooit weer daar wil toegelaat word nie)? As iemand by jou kuier en jou kombuiskaste herrangskik of iets kwaadwillig breek of jou beledig, verander hulle van gaste na indringers wat die deur gewys word. Wat nie meer welkom is en nie meer jou gasvryheid het nie.
So werk ons gasvryheid ook met die wêreld. Ons bied vir hulle ons tyd, ons aandag, ensovoorts aan en dan word hulle ons gaste met al die verpligtinge wat daarmee saam gaan. As iemand by jou kuier en jou koffietafels sonder toestemming skuif of iets kwaadwillig breek of jou beledig, verander hulle van gaste na indringers wat die deur gewys word. Wanneer ons, ons menswees met die wêreld deel doen ons dit met die verstaan dat hulle gaste is, indien hulle wys hulle is nie meer gaste, maar indringer hanteer ons hulle soos diewe, want hulle wil beskadig en seermaak.
Ons word geroep om gasvry te wees, om mense te laat welkom voel en tuis te maak tussen ons. Dit is van voor Abraham se tyd deel van die Bybel se kultuur om tyd te maak vir ander mense. Om bereid te wees om mense raak te sien, om mense menswaardig te hanteer. In gevalle beteken dit om mense kort termyn te huisves en voed (hou Bybelse voorskrif van drie dae kan jy sorg daarna moet hulle werk of gaan ingedagte), in ander gevalle is dit om tyd te maak om by mense uit te kom, met hulle tyd te spandeer en na hulle te luister. Soms is dit om bloot vir mense te glimlag of daar te wees vir hulle. Elkeen moet self kyk wat hy of sy kan doen en hoe dit vir gasvryheid gebruik kan word, selfs al is dit dat jy mooi skryf (skryf vir mense briefies wat bemoedig of verwelkom) of goed organiseer.
Ons moet wel baie versigtig wees daarvoor dat ons gasvryheid mense inprek. Ons gasvryheid mag nooit die verantwoordelikheid van ander wegvat nie, die oomblik wat dit by mense 'n verwagting van "jy skuld my" skep, moet jy weet dat hulle nie meer gaste is nie, maar indringers. Gaste verstaan die wedersydese rol, dat ek en jy nie daar is om vir hulle te sorg of hulle te vermaak nie, maar hulle bloot deelmaak van die gemeenskap vir die tyd wat hulle by ons is; met al die verpligtinge en verantwoordelikhede wat 'n lid van die gemeenskap het. Hulle kan nie net verwag nie, maar moet iets doen. In die middeleeue was dit gebruiklik vir mense op pad om as hulle oornag iewers kamp en vuur aansteek om ander wat daar aankom te nooi om saam te kamp, die wat dan saamkamp word verwag om of kos by te dra of te help met herstelwerk of te sing, dans of toneelstukke op te voer as hulle bydrae. Dit was nooit 'n kwessie dat hulle geskuld word nie en moet ontvang nie, elkeen het 'n wedetsydse rol om te speel, die wat nie doen nie is diewe en word weg gejaag.
Dieselfde is vandag waar, selfs wanneer ons barmhartig optree, begin ons deur te verwelkom, maar indien ons gasvryheid nie aanvaar word nie of misbruik word, moet ons terugstaan.
Ons word wel geroep om altyd eerste vriendelik te wees, altyd eerste onvanklik te wees - so leef so!
Kyk na wat die Bybel ons vertel oor wat ons moet doen met die bogenoemde ingedagte
1 Petrus 4:9

Is dit iets wat ons doen?
Levitikus 29:34
Is dit waar van my? Kan ek nog vandag so leef?
Hebreers 13:16 en Gal 6:10
Hoe sal my lewe wees as ek so leef?
Hou Matteus 6:1-3 ingedagte wanneer jy gasvry is, so moeilik as wat dit soms is.

No comments:

Post a Comment