Thursday 27 June 2013

Oor die dood

Gister was 'n vreemde dag; een van die eerste boodskappe van die dag wat ek gelees het was dat my oupa oorlede is. Mens sou dink jy het 'n gevoel van hartseer en rou, tog was die gevoel meer verligting, ja daar was hartseer, maar die persoon wat my oupa was is eintlik vier jaar terug toe hy my mpumalanga fraikcare opgeneem is dood. Die liggaam wat gister tot sterwe gekom het kyk soos oupa, maar ek het meer as vier jaar laas herkenning of enige spark in daardie oë gesien.
Van wat ek in die mense in sy lewe gehoor het was hy 'n goeie man wat baie vir ander gedoen het, in die min woorde wat ons gedeel het, het ek baie wysheid gevind; tog was ons nooit naby mekaar gewees nie en het ons nie werklik die verhouding gehad wat ek van ander hoor oor hulle oupas. Ten spyte daarvan was ek lief vir hom en het hy 'n impak in my lewe gehad, my beeld van wat liefde is, is baie beïnvloed deur die meer as 50 jaar lange huwelik van my ouma en oupa gehad het, 'n verhouding waar liefde so mooi uitgebeeld was: veral in die laaste jare toe oupa sy geheue stelselmatig verloor het en ek steeds gesien het hoe hulle gesigte ophelder wanneer hulle na mekaar kyk.
So ek sit met gemengde gevoelens, ek is verlig die lyding is verby, maar ek is hartseer vir die man wat nie meer daar is nie en vir verhoudings wat nooit weer kan wees nie.