Saturday 24 October 2015

Diensevangelisasie


Wat is diensevagelisasies?
Diensevangelisasie is om deur wie jy is en wat jy doen so te leef dat jou menswees getuig.
Waarom diensevangelisasie?
Ons leef in 'n samelewing wat toenemend kunsmatig word, waar ons konstant opsoek is na kitsoplossings en waar die einde die middele heilig (waarheen jy werk regverdig hoe jy tewerk gaan). Dit het so erg geword dat mens mooi eers mense deurkyk voor mens eers daaraan dink om 'n woord wat uit hul mond kom te glo. En met christene is dit nog erger, jy kry hierdie mense wat wil hê jy moet Bybel lees en kerk toe gaan om te leer hoe om anders te leef en gelukkig te wees, maar as mens na hulle lewens kyk; doen hulle niks wat hul verkondig nie en lyk hulle regtig nie gelukkig nie. Nie juis 'n goeie advertensie vir geloof nie...
Dit is dan hier waar diensevangelisasie inkom, die doelbewuste keuse om te leef soos wat die Bybel voorstel, sodat ons gelukkig kan wees en vir mense God se liefde sal leef. Dit is slegs wanneer dit gebeur dat geloof enigsins aanloklik lyk!
Hoe dan? Wat vra dit van my?
Die vangplek met hierdie vorm evangelisasie is dat ek nie iewers heen gaan vir 'n bepaalde tyd waar ek myself mooi moet gedra of vir 'n kort rukkie 'n front kan opsit en dan wanneer ek by die huis kom weer myself kan wees sonder die geloof sousie. Dit vereis lewensverandering; dit vra van my om elke dag, en elke oomblik van elke dag anders te wees as die wêreld; om net waar ek kom 'n lewende advertensie te wees vir Jesus. Vir die res van my lewe, want die oomblik wat ek stop hou ek op om te getuig...
Is dit moeilik?
Ja, want ek moet verander.
Nee, dit beteken bloot dat ek volgens die basiese beginsels van die Bybel wat ons in Matt 22:34-36 en Gal 5 vind leef. Dit gaan wel beteken ek gaan uitstaan, ek gaan anders optree en ek gaan heel moontlik minder populer wees. Nie dat ons as gelowiges geroep is om populer te wees nie.
Waar kan ek begin?
By die huis, wanneer ek uit die bed opstaan. Deur die keuse te maak om vandag met almal vriendelik te wees, nie vriendelik met die vriendelikes nie, maar om vriendelik te wees en bly met elke persoon waarmee ek in aanraking kom. Onthou dat die eerste persoon waarmee jy in aanraking kom jyself is! As jy voor die spiëel staan sê vir daardie persoon jy is oulik, mooi, slim geskep in God se beeld tot jy dit glo. Dan kan jy uitgaan en die eerste stap van diensevangelisasie toepas.
Lees saam Lukas 6:30-36
Wat staan hier vir jou uit?
Hoe behoort ons as Christene te leef?
Kan ek dit toepas in my normale dag? Noem 'n paar voorbeelde:

No comments:

Post a Comment